Mausoleum van Halikarnassos

Die ruïnes van die Mausoleum van Halikarnassos.
’n Skaalmodel van die mausoleum, Park Miniatürk, Istanboel.

Die Mausoleum van Halikarnassos of Praalgraf van Mausolus (Persies: آرامگاه هالیکارناسوس; Grieks: Μαυσωλείο της Αλικαρνασσού; Turks: Halikarnas Mozolesi) was ’n praalgraf wat tussen 353 en 350 v.C. in Halikarnassos (die hedendaagse Bodrum, Turkye) gebou is vir Mausolus, ’n satraap in die Persiese Ryk, en Artemisia II van Karië, sy vrou en suster. Dit is ontwerp deur die Antiek-Griekse argitekte Satyros en Pytheos.[1][2]

Die mausoleum was sowat 45 meter hoog en die vier sye was versier met reliëfwerke wat elk deur ’n ander Griekse beeldhouer geskep is: Leochares, Bryaxis, Scopas van Paros en Timotheus.[3] Die eindprojek was so ’n estetiese triomf dat Antipater van Sidon dit gekies het as een van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld. Dit is van die 12de tot die 15de eeu in verskeie aardbewings verwoes.[4][5][6]

Die woord "mausoleum", wat "gebou van Mausolos" beteken het, is nou ’n algemene term vir ’n bogrondse praalgraf.

  1. Kostof, Spiro (1985). A History of Architecture. Oxford: Oxford University Press. p. 9. ISBN 0-19-503473-2.
  2. Gloag, John (1969) [1958]. Guide to Western Architecture (Revised uitg.). The Hamlyn Publishing Group. p. 362.
  3. Smith, William (1870). "Dictionary of Greek and Roman Antiquities, page 744". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2006. Besoek op 21 September 2006.
  4. "Mausoleum of Halicarnassus" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2017. Besoek op 5 Februarie 2014.
  5. "The Mausoleum at Halicarnassus" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2004. Besoek op 5 Februarie 2014.
  6. "The Mausoleum of Halicarnassus" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2018. Besoek op 5 Februarie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy